Tuisblad

Bushwalker is ‘n produk reeks van JAWA STEEL CREATIONS cc, wat in 2004 gestig is deur Johnny Walker (eienaar en bestuurder).

Die Bushwalker reeks staal produkte is spesifiek ontwikkel vir die Suid Afrikaanse wildboer, natuurliefhebber, plaas en bakkie eienaar.

Bushwalker verseker kwaliteit en tevredenheid omdat die reeks produkte deurlopend verbeter en ontwikkel word, deur insette van verbruikers ter harte te neem en toe te pas.

Een van die voorloper produkte, speifiek ontwerp vir wild, is die ‘Bushwalker Dipbak’ wat dip aanwend dmv staal rollers terwyl dit as ‘n voerbak gebruik word. Daar is al meer as 500 Bushwalker dipbakke wat diens doen onder die Afrika son.

Bushwalker vervaardig ook bakkie tralies (skaap tralies), jag-rame en ‘game viewers’ volgens klient spesifikasies teen baie kompeterende pryse. Johnny ontwerp en vervaardig self alle bakkie bykomstighede wat kwaliteit en persoonlike aandag verseker.

Produkte in die BUSHWALKER reeks:

BUSHWALKER IS ‘n GEREGISTREERDE HANDELSMERK.
BUSHWALKER IS A REGISTERED TRADEMARK.